Bloumarlyn
Makaira nigricans, die bekendste sportvis From Wikipedia, the free encyclopedia
Makaira nigricans, die bekendste sportvis From Wikipedia, the free encyclopedia
Die bloumarlyn (Makaira nigricans) is die bekendste sportvis en kom in al drie oseane van die wêreld voor. In Suid-Afrika kom die vis meer aan die ooskusgebiede voor, veral noord van Durban, met Sodwanabaai een van die bekendste plekke van waar die vis gevang word. Die vis word beskou as die vinnigste van die marlyne. In Engels staan die vis bekend as Blue marlin.
Bloumarlyn | |
---|---|
'n Manlike bloumarlyn. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Makaira |
Spesie: | M. nigricans |
Binomiale naam | |
Makaira nigricans Lacépède, 1802 | |
Verspreiding |
Die vis is groot met 'n lang lyf wat donkerblou aan die bokant is terwyl die sye en pens silwerwit is. Die pektorale vinne kan weggevou word. Die swaard is lank en skerp en kan langer wees as die swartmarlyn se swaard. Daar is ook ligblou, vertikale lyne op die kant van die vis wat verdwyn na die vis gevrek het. Die swaarste bloumarlyn wat in Suid-Afrikaanse waters gevang is, het 219 kg geweeg.
Die vis is alleenlopend en swem oor die oseane heen. Hulle vreet tussen die oseaan se oppervlakte en middeldiepwater en eet kleiner tuna en pensstreep-tuna. Soos alle swaardvisse gebruik hulle ook hul swaarde om hul prooi te verlam, beseer of selfs te dood. Hulle vreet vroeg tot laat in die oggende. Die vis is ook 'n gesogte eetvis.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.