Bloedplasma is 'n gelerige, effens alkaliese vloeistof wat ongeveer 50% van bloed per massa uitmaak. Dit bestaan uit ongeveer 50% water en 10% opgeloste stowwe, naamlik proteïene, anorganiese soute, organiese bestanddele, gasse en sekresies. Plasma vervoer die liggame wat daarin dryf na die verskillende dele van die liggaam, dit vervoer die geabsorbeerde voedingstowwe vanaf die spysverteringskanaal na die weefsels, en dit vervoer ook afvalstowwe van die selle af na die uitskeidingsorgane, byvoorbeeld ureum na die niere, koolstofdioksied na die longe, ensovoorts. Verder vervoer die bloedplasma die hormone van die buislose kliere af na daardie dele van die liggaam waar dit noodsaaklik is en versprei dit warmte deur die liggaam.

Thumb
Bloedplasma wat gevries is.

Proteïene

Die vernaamste proteïene is albumien, globulien en fibrinogeen. Hierdie plasmaproteïene word hoofsaaklik in die lewer gevorm en verrig verskillende funksies. Fibrinogeen speel byvoorbeeld 'n belangrike rol in bloedstolling.

Anorganiese soute

Anorganiese soute kom voor as ione of molekule en maak ongeveer 0,9% van die plasmavolume uit. Die vernaamste van hierdie soute is natriumchloried, natriumkarbonaat en soute van kalsium, kalium, fosfor en yster.

Organiese bestanddele

Die organiese bestanddele sluit sowel nuttige as skadelike bestanddele in, byvoorbeeld ureum, uriensuur, glukose, aminosure en cholesterol.

Gasse

Dit is vernaamlik die gasse wat verband hou met asemhaling, naamlik suurstof, stikstof en koolstofdioksied.

Sekresies

Die vernaamste sekresies is ensieme en hormone.

Bronne

  • Senior Biologie, Du Toit, Van Rensburg, Du Toit, Botha, Van der Merwe, Volschenk, Van der Westhuyzen, De Kock, Niebuhr. Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Beperk, 1989.

Sien ook

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.