From Wikipedia, the free encyclopedia
Bloedplaatjies (trombosiete) is mikroskopiese skyfies wat 'n belangrike rol in bloedstolling vervul. Die sowat 250 000 bloedplaatjies wat in 'n kubieke millimeter bloed voorkom, lewe slegs sowat vier dae lank.
Wanneer 'n wond deur die beskadiging van 'n bloedvat ontstaan, word onaktiewe protrombien, wat in die lewer vervaardig word, deur tromboplastien en kalsiumsoute in die teenwoordigheid van verskeie ensieme na aktiewe trombien verander. Hierdie aktiewe trombien verander die oplosbare fibrinogeen in die bloed na onoplosbare fibrien, wat 'n draderige voorkoms het. Rooibloed- en witbloedselle kom tussen hierdie fibriendraadjies voor en koek dan saam met die bloedplaatjies aan die fibriendraadjies vas. Indien 'n bloedvat beseer word, klou die bloedplaatjies onmiddellik in groot hoeveelhede aan die wond en aan mekaar vas. Die wondopening word op dié wyse vernou en die bloeding kan makliker gestelp word. Hierdie stollingsproses duur sowat 5 minute.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.