Franse wiskundige, fisikus, uitvinder, filosoof en Katolieke teoloog From Wikipedia, the free encyclopedia
Blaise Pascal (19 Junie 1623 – 19 Augustus 1662) was 'n Franse wiskundige, fisikus, uitvinder, filosoof en Katolieke teoloog. Hy was 'n wonderkind wat deur sy vader onderrig was. Pascal se vroegste werk was in die natuur- en toegepaste wetenskappe waar hy belangrike bydraes gemaak het tot die konstruksie van 'n meganiese rekenmasjien, die studie van vloeistowwe, en die konsepte van druk en vakuum opgeklaar deur die werk van Evangelista Torricelli te veralgemeen. Pascal het ook ter verdediging van die wetenskaplike metode geskryf.
Blaise Pascal | |
Gebore | 19 Junie 1623 Auvergne, Frankryk |
---|---|
Oorlede | 19 Augustus 1662 (op 39) Parys, Frankryk |
Nasionaliteit | Frankryk |
Vakgebied | Teologie, wiskunde, filosofie, fisika |
Bekend vir | Pascal se Wager Pascal se driehoek Pascal se wet Pascal se stelling |
Beïnvloed deur | Augustinus van Hippo, Michel de Montaigne, René Descartes, Cornelius Jansen, Epictetus |
Invloed op | Antoine Arnauld, Pierre Duhem, William James, G. W. Leibniz, Léon Brunschvicg, Alexis de Tocqueville, Henri Bergson |
Pascal was een van die voorste wiskundiges van alle tye. Hy het gehelp om twee nuwe navorsingsvelde te skep. Op sestienjarige ouderdom het hy belangrike verhandelings oor projektiewe meetkunde geskryf en later met Pierre de Fermat oor waarskynlikheidsteorie gekorrespondeer. Hy het ook 'n sterk invloed op die ontwikkeling van moderne ekonomie en sosiale wetenskap uitgeoefen.
Ná 'n mistiese ondervinding in laat 1654 het hy sy wetenskaplike werk laat vaar en hom toegewy aan filosofie en teologie. Sy twee beroemdste werke dateer uit die tydperk: Lettres provinciales en Pensées. Pascal het sy hele lewe lank aan swak gesondheid gelei en het twee maande na sy 39ste verjaarsdag gesterf.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.