Binnelanders
Suid-Afrikaanse sepie / From Wikipedia, the free encyclopedia
Binnelanders (op 'n stadium Binneland en Binneland Sub Judice) is 'n Afrikaanse TV-sepie. Die drama speel af in 'n privaathospitaal, genaamd Binneland Kliniek, in Pretoria. Die storie gaan oor die wel en weë van die personeel en die gepaardgaande trauma van die hospitaal se pasiënte.
Kitsfeite Genre, Geskep deur ...
Binnelanders | |
Genre | Sepie |
---|---|
Geskep deur | M-Net, kykNET |
Geskryf deur | Mitzi Booysen |
Geregisseer deur | Danie Joubert |
Temamusiekkomponis | Jak de Priester |
Openingstema | Binnelanders |
Oorsprong | ![]() |
Taal | Afrikaans met Engelse onderskrifte |
Aantal seisoene | 16 |
Aantal episodes | 4215 (Vrydag 4 Februarie 2021) |
Produksie | |
Vervaardiger(s) | Elsje & Human Stark |
Looptydperk | 30 minute |
Produksiemaatskappy | Stark Films |
Uitsending | |
Oorspronklike kanaal | kykNET, M-Net Terrestrial |
Beeldformaat | HD |
Oorspronklike lopie | 13 Oktober 2005 |
Webskakels | |
[kyknet.dstv.com/program/binnelanders Amptelike webwerf] |
Sluit
Die eerste episode is op 13 Oktober 2005 op beide M-Net en kykNET uitgesaai. Dit was aanvanklik 'n uur lank, toe 'n halfuur per dag, daarna weer een uur, en toe terug na 'n halfuur per dag. Dit word tans weeksaande vanaf 19:30 tot 20:00 op kykNET uitgesaai.
Die temalied word deur Jak de Priester gesing. Hy het die liedjie spesiaal vir die program geskryf: "Buite in die strate — bars Jakarandas uit hul nate — en alles lyk van ver af — so gesond..."