Microsoft Bing
From Wikipedia, the free encyclopedia
Microsoft Bing (algemeen bekend as Bing) is die websoekenjin wat deur die Amerikaanse maatskappy Microsoft besit en bedryf word. Die diens het sy oorsprong in Microsoft se vorige soekenjins: Live Search, Windows Live Search en later Live Search. Bing bied 'n verskeidenheid soekdienste, insluitend web-, video-, beeld- en kaartsoekprodukte. Dit is ontwikkel met behulp van ASP.NET.
Bing | |
---|---|
Tipe webblad | Soekenjin |
Taal(e) | Engels |
Eienaar | Microsoft |
Opgerig | 3 Junie 2009 |
Huidige status | Aktief |
URL | http://www.bing.com/ |
Die soekenjin is op 28 Mei 2009 by die All Things Digital-konferensie in San Diego, Kalifornië, deur Microsoft se destydse uitvoerende hoof, Steve Ballmer bekendgestel.[1] Bing is 'n plaasvervanger vir Live Search en is ten volle aanlyn sedert 3 Junie 2009. Opvallende nuwe kenmerke het destyds die lys van soekvoorstelle ingesluit terwyl navrae ingevoer word en 'n lys van verwante soektogte (genoem "verkenningpaneel") gebaseer op semantiese tegnologie van Powerset,[2] wat Microsoft in 2008 bekom het.[3]
In Julie 2009 het Microsoft en Yahoo! 'n transaksie aangekonding waarin Yahoo! Search deur Bing aangedryf sou word.[4] Yahoo! het die oorgang in 2012 voltooi.[5]