![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/cd/Bias_of_Priene.png/640px-Bias_of_Priene.png&w=640&q=50)
Bias van Priëne
From Wikipedia, the free encyclopedia
Bias van Priëne (Oudgrieks: Βίας ὁ Πριηνεὺς) leef in die 6de eeu v.C. en behoort saam met Thales, Pittakos en Solon tot die groep bekend as die Sewe Wyses. Byna alle informasie wat bekend is oor Bias kom van Diogenes Laërtius. Uit die oorlewende fragmente wat beskikbaar is kom Bias na vore as 'n rasionele filosoof. Heraclitus het hom hoog aangeslaan.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/cd/Bias_of_Priene.png/640px-Bias_of_Priene.png)