Bergstraße
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Bergstraße ("Bergstraat") verwys na 'n bergagtige gebied in Hesse en Baden-Württemberg, Duitsland, tussen Darmstadt in die noorde en Wiesloch in die suide. Die Bergstraße vorm die westelike grens van die Odenwald bergreeks. Die naam "Bergstraße" verwys ook na die distrik Kreis Bergstraße en die Badische Bergstraße in die wyngebied van Baden-Württemberg.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/6/67/Bergstrasse.png)