Die bensodiasepiene is 'n klas van psigotrope geneesmiddels met angsverligtende, spierverslappende, hipnotiese en antikonvulsiewe eienskappe. Dit word dikwels gebruik vir die korttermynverligting van erge angs of slaaploosheid. Langtermyngebruik kan geneesmiddelafhanklikheid tot gevolg hê. Dit word vermoed dat die bensodiasepiene werk op die GABA reseptorgroep. Die aktivering van dié neuroreseptor lei tot die onderdrukking van die hoër geestelike funksies. Sedert die laat 1960’s en 1970’s het geneeshere begin om hierdie soort middels grootskaals voor te skryf.

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.

Lede van die groep

Bensodiasepiene word gewoonlik in drie groepe verdeel:

  • kortwerkend (korter as ses ure) — 'n terugbons-slaaploosheid, en die vererger van angs teen wakkerwordtyd kan hiermee voorkom.
  • tussen kort-en-langwerkend (effektief vir tussen 6-10 ure) — matige residuele simptome kan voorkom
  • langwerkend (langer as 10 ure) — sterk kalmerende, geestesonderdrukkende simptome kan met die gebruik hiervan voorkom, asook 'n opbou van die bloedkonsentrasie van die middel.

Lys van bensodiasepiene

Sien 'n Lys van bensodiasepiene.

Uitwerkings

Alle bensodiasepiene het die volgende voorspelbare uitwerkings, alhoewel sommige sterker slaapmiddels kan wees en andere 'n sterker geheueverlies (sien onder newe-effekte) kan veroorsaak. Hoe hoër die dosis, hoe sterker is die effek.

  • Angswerend
  • Antikonvulsiewe effek
  • Spierverslappend
  • Slaapmiddel.

Newe-effekte

  • Geheueverlies (dit veroorsaak 'n anterograde geheueverlies)
  • Slaperigheid
  • Ataksie (koördinasiesteuring)
  • Verwarring
  • Duiseligheid
  • Ingekorte oordeel
  • Ingekorte vermoë om masjinerie te bedryf

Al die bogenoemde newe-effekte word vererger met die gelyktydige inname van alkohol.

Afhanklikheid

Langtermyngebruik lei gewoonlik tot afhanklikheid. As daar dan summier opgehou word met die gebruik van die middel, kan die volgende onttrekkingsimptome die gebruiker tref:

  • Slaaploosheid
  • Angs, en selfs paniekaanvalle
  • Tagikardie (hartkloppings)
  • Hipertensie
  • Depressie, en ook selfmoordgedagtes
  • Tremor (bewerasies)
  • Sweet
  • Eetlusverlies
  • Wane
  • Stuipe

Daarom word dit aanbeveel om 'n persoon wat lank of op 'n hoë dosis van 'n bensodiasepien was, versigtig, en verkieslik onder mediese toesig, te speen van die bensodiasepien.

Geskiedenis

Die eerste bensodiasepien, chloordiasepoksied, is toevallig ontdek in 1954 deur 'n Oostenrykse apteker en chemikus, Dr Leo Sternbach (1908–2005), toe hy dit herbekyk het -- nadat hy dit eers laat vaar het -- op 'n tydstip toe 'n assistant besig was om sy laboratorium vir hom op te ruim.[1]

Verwysings

Eksterne skakels

Bron

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.