Belobog
From Wikipedia, the free encyclopedia
Belobog, Bilbog, Belbog, Bialbog, Bjelobog, Bielobog, Beloen, Biloen (al die name beteken wit god) is ’n Slawiese godheid van lig en die Son, die teenpool van die donker en wrede Tsjernobog (swart god).
Dit is onseker of antieke Slawiërs wel so ’n god aanbid het omdat hy in geen betroubare historiese rekords genoem word nie. In die verlede het leerlinge wat Slawiese mitologie bestudeer het, die dualisme van Belobog en Tsjernobog as vanselfsprekend aanvaar, maar moderne navorsers betwyfel hierdie teorie.