![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/63/Cave_Barriques.jpg/640px-Cave_Barriques.jpg&w=640&q=50)
Barrique
From Wikipedia, the free encyclopedia
Barrique ("vat") is oorspronklik die Franse naam vir 'n wynmaat, wat gelykstaan aan 225 liter in die gebied van Bordeaux, 228 liter in die Bourgogne en 215 liter in die Beaujolais. Dit word later ook internasionaal gebruik vir klein eikevate van 225 liter.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/63/Cave_Barriques.jpg/640px-Cave_Barriques.jpg)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/de/Oak_chips_in_chardonnay.jpg/640px-Oak_chips_in_chardonnay.jpg)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a4/Altersvergleich.jpg/320px-Altersvergleich.jpg)
Die barrique is oorspronklik tydens die Middeleeue in Bordeaux ingevoer en het tot by die 18de eeu die tonneau, 'n ouer en groter tipe wynvat met 'n inhoud van sowat 900 liter, vervang.
Barriques is spesiale verouderingsvate wat in die wynbou gebruik word om wyne te stoor en gelyktydig te verfyn. 'n Groot oppervlakte van hout laat die wyn in 'n taamlik kort tyd ryp word. Met die verfyning of veroudering in die barrique kry die wyn subtiele geure van die hout. Die mees geskikte materiaal vir die vervaardiging van barriques is eikehout uit die Limousin en die Allier.
Die woord "barrikade" is afgelei van die barriques, wat tydens die Franse Rewolusie met sand en rommel gevul en vir straatversperrings gebruik is.