Barre (stad), Vermont
From Wikipedia, the free encyclopedia
Barre (/ˈbæri/) is 'n stad in die administratiewe distrik Washington County, deelstaat Vermont, in die Verenigde State. Volgens die VSA-sensus van 2010 het die stad 'n bevolking van 9 052 mense gehad. Die stadsgebied van Barre City word byna volledig deur die susterdorp Barre omsluit wat 'n onafhanklik geïnkorporeerde nedersetting vorm.
Barre | |
---|---|
Stad | |
Byname: Granite Center of the World | |
Ligging van Barre in Vermont, VSA | |
Koördinate: 44°11′41″N 72°30′23″W | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Vermont |
County | Washington |
Geïnkorporeer op | 1895 |
Regering | |
• Burgemeester | Thom Lauzon |
Oppervlak | |
• Stad | 10,4 km2 (4 vk. myl) |
Hoogte | 186 m (609 ft) |
Bevolking | |
• Stad | 9 052 |
• Digtheid | 870/km2 (2 300/vk. myl) |
• Metro | 59 564 |
Tydsone | UTC-05:00 (EST) |
• Somertyd | UTC-04:00 (EDT) |
ZIP-kode | 05641 |
Skakelkodes | 802 |
Webwerf | barrecity.org |
In die plaaslike media- en sakebedryf word Barre City dikwels as 'n susterstad van Montpelier behandel. Die twee stede word deur die grootpaaie U.S. Route 302 en Interstate 89 met mekaar verbind. Barre is ook die beduidendste stad in die gelyknamige mikropolitaanse gebied met 59 564 inwoners - die derde grootste in Vermont ná Burlington en Rutland. Barre is daarnaas die grootste stad in Washington County en die vierde grootste in Vermont, asook dié deelstaat se tiende grootste munisipaliteit.