From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Bandkeelkleinjantjie (Apalis thoracica) is 'n voël wat in Afrika voorkom en aan die familie Cisticolidae en orde van sangvoëls (Passeriformes) behoort. In Engels staan dit as die Bar-throated Apalis bekend.
Bandkeelkleinjantjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. thoracica |
Binomiale naam | |
Apalis thoracica Shaw, 1811 | |
Hulle is skraal voëltjies met 'n lang stert, 11 tot 13 cm in lengte. Die verekleed wissel tussen subspesies: die rugkant kan grys of groen wees, terwyl die onderkant wit of liggeel is. Almal het 'n smal swart band oor die bors, wit buitenste stertvere en bleek oë. Die swart snawel is taamlik lank, skraal en effens geboë. Die wyfies is soortgelyk aan die mannetjies, maar het 'n nouer borsband. Jong voëls se borsband kan onvolledig wees.
Paartjies sing dikwels in duet. Die wyfies se getjirp het 'n hoër toonhoogte as die van mannetjies.
Hulle bou 'n ovaalvormige nes van plantmateriaal. Drie eiers word gelê. Die eiers is blou-wit met rooi-bruin kolle daarop. Die broeiseisoen duur van Augustus tot Januarie.
Die voëltjies soek ruspes en ander insekte om te vreet tussen plantegroei en vorm dikwels gemengde spesie-swerms met ander voëls.
Daar is 18 subspesies:
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.