From Wikipedia, the free encyclopedia
Bamberg is 'n selfregerende stad in die administratiewe gewes Bo-Franke (Duits: Oberfranken) van die Duitse deelstaat Beiere met 'n bevolking van omstreeks 71 000. Die stad is die setel van 'n universiteit en ander opvoedkundige instellings, 'n belangrike ekonomiese spilpunt in Bo-Franke en die setel van 'n Rooms-Katolieke aartsbiskop.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Beiere |
Koördinate | 49° 54' N, 10° 54' O |
Eerste verwysing | 902 |
Stadstatus | - |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 54,58 vk km |
Hoogte bo seevlak | 262 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2012) | 70 863 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 298,3/vk km |
- Agglomerasie | 117 000 |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 |
Burgemeester | Andreas Starke (SPD) |
Amptelike Webwerf | bamberg.de |
Die historiese stadskern van Bamberg met 'n ryk erfenis aan Gotiese en Barokboukuns is die grootste van sy soort wat in Duitsland bewaar gebly het. In 1993 het Unesco Bamberg se ou stad, wat as 'n "duisendjarige kunswerk" beskryf word, as wêrelderfenis gelys. Bamberg staan daarnaas bekend vir sy biertradisie. So word in plaaslike brouerye onder meer spesialiteite soos rookbier gebrou waaraan gerookte mout 'n besondere smaak verleen.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.