Baha’i
From Wikipedia, the free encyclopedia
Bahaïsme[1] (Arabies: بهائية, Persies: بهائي; dikwels ook Baha'i, Baha'i-geloof, Baha'isme of Baha'idom genoem) is 'n godsdiens wat in die 19de eeu in die destydse Persië (moderne Iran) ontstaan het. Gelowiges glo in die eenheid van God, godsdiens en die mensdom.[1] Dit is 'n relatief nuwe godsdiens wat wêreldwyd tussen twee en vyf miljoen volgelinge het. Hoewel van die stigterslede van die godsdiens Sjiïtiese Moslems was, en sommige mense Baha'i daarom steeds as 'n Moslem-groep beskou, is daar aansienlike verskille tussen dié twee godsdienste wat hulle eintlik onversoenbaar maak. Baha'i maak self daarop aanspraak dat dit 'n universele godsdiens is wat die belangrikste oortuigings van al die ander belangrike godsdienste saamvat.