Britse prototipe straalaangedrewe bomwerper From Wikipedia, the free encyclopedia
Die British Aircraft Corporation TSR-2 was 'n bomwerper wat ontwerp is vir taktiese bombardering; aanvanklik ontwerp om die Canberra te vervang. Die projek is egter in 1965 gekanselleer, 'n kontroversiële besluit. Vir sommige was dit die doodsteek vir die Britse lugvaartindustrie wat op daardie tyd reeds onder druk was.
BAC TSR-2 | |
---|---|
Tipe | Taktiese bomwerper |
Vervaardiger | BAC |
Nooiensvlug | 27 September 1964 |
Status | Gekanselleer |
Hoofgebruiker | Britse Lugmag |
Vervaardig | 3 |
Die TSR-2 (Tactical Strike and Reconnaissance) was aanvanklik ontwerp na aanleding van 'n 1957 Britse Lugmagspesifikasie vir die vervanging van die Canberra taktiese bomwerper. Dit moes ook oor terreinvolg radar en gevorderde navigasie beskik asook teen supersoniese snelheid op lae hoogtes en op hoë hoogtes teen Mach 2 kan vlieg. Laastens moes dit van kort, robuuste vliegvelde kon opstyg.
Die ontwerp is voortdurend aangepas soos die vliegtuig ontwikkel het, tewens nuwe lugvaartstelsels moes ontwerp word vir die vliegtuig. Die stelsels was nuut vir die Britse lugvaartindustrie. Die vliegtuig was langer as die Avro Lancaster maar met 'n kleiner vlerkspan as die Spitfire. Die kort vlerke was nodig om teen supersoniese snelhede op lae hoogtes te kon vlieg. Dit het egter 'n probleem geskep om vanaf kort aanloopbane op te styg.
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 2 |
Tipe motor | Straalmotor |
Vervaardiger | Bristol Siddeley Olympus turbostralers |
Kraglewering per motor | 14 982 kg stukrag |
Vlerkspan | 11,28 m |
Lengte | 27,13 m |
Hoogte | 7,32 m |
Vlerkoppervlakte | 65,03 m2 |
Maks. opstygmassa | 188 000 kg |
Maks. snelheid | 2 390 km/h |
Operasionele hoogte | 17 080m |
Togafstand | 4 827km |
Klimvermoë | 15 250 m per minuut |
Bewapening | Tot 1 816 kg wapens onder die vlerke ontwerpte bomvrag van 2 724 kg |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.