Aërosol
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Aërosol is 'n kolloïde van fyn, soliede deeltjies of vloeibare duppeltjies wat in lug of 'n ander gas voorkom. Aërosols kan natuurlik of antropogenies wees. Voorbeelde van natuurlike aërosols is mis, stof, en geiserstoom. Voorbeelde van antropogeniese aërosols is newels, besoedelingsdeeltjies en rook. In 'n verbrandingsproses word klein deeltjies gevorm - hetsy deur veldbrande, verbrandingsprosesse in fabrieke, treine of motorenjins. Omdat die deeltjies so klein en lig is, kan hulle jare lank in die atmosfeer gesuspendeer word. Hulle groottes wissel van 0,01 tot 5 mikrometer in deursnee (1 mikrometer is een miljoenste van 'n meter). 'n Aërosol word net sigbaar wanneer die deeltjies relatief groot is of as die konsentrasies baie hoog is; dit is egter die kleiner deeltjies wat die meeste skade aanrig. Dit is belangrik dat skoorstene van fabrieke so hoog moontlik moet wees sodat skadelike deeltjies deur lugstrome verdun en weggevoer kan word.