Asiatiese kat
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Asiatiese kat (Engels: Asian), ook bekend as die Maleise kat (Malayan), is ’n kortharige katras soortgelyk aan die Birmaanse kat, maar met meer kleure en patrone.
Asiatiese kat | ||||
Alternatiewe naam | Maleise kat | |||
Land | Brittanje | |||
Ontstaan | Kruisras | |||
Soort lyf | Gemiddeld | |||
Pels | Kort | |||
Patroon | Effekleurig, gestreep, gerook, getint | |||
Wetenskaplike naam | ||||
Felis catus (huiskat) | ||||
|
Die ras is in die 1980's begin teel. Die kat is van gemiddelde bou, met ’n gespierde, kompakte lyf met baie min vet. Die bors is breed en rond en die bene slank. Die stert is van gemiddelde lengte en die oë geel.
Die kort pels is sag en blink. Daar is vier verskillende groepe: effekleure (insluitende die Bombaaikat, wat ’n swart Asiatiese kat is), gestreep, rookkleur en getint. Laasgenoemde word deur die Fédération Internationale Féline as ’n aparte ras, die Burmilla, geklassifiseer.
Sy geaardheid is baie soos dié van die Birmaanse kat, een van die rasse wat gebruik is om die kat te teel. Hulle is intelligent, sosiaal en vriendelik met mense.