Armeense brandewyn
From Wikipedia, the free encyclopedia
Armeense brandewyn is 'n brandewyn van gewaarboorgde oorsprong en hoë gehalte wat in Armenië gestook word. Die term word deur die wet beskerm. In die vroeëre Oosbloklande is na hierdie drank meestal as "Armeense konjak" (Russies: Армянский коньяк, Armjanski konjak) verwys. Aangesien konjak intussen wêreldwyd as handelsnaam vir brandewyn uit die Franse Cognac-streek beskerm word, het die term brandewyn vir die Armeense produk gebruiklik geword.
Brandewyn van gewaarborgde oorsprong en gehalte uit
Armenië
Bekendste handelsmerk
Yerevan Brandy Company
Ligging
Jerewan
Die stook van Armeense brandewyn word deur die Armeense regering streng beheer. 'n Wet bepaal van watter Armeense druiwesoorte die brandewyn gestook mag word. Tans sluit hierdie wyne Rkatsiteli, Mskhali, Garan Dmak, Kangu en Voskehat in.