Ardingly
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.
Ardingly (uitgespreek / ɑrdɪŋlaɪ / AR-ding-lye) is 'n dorp en die burgerlike nedersetting in die "High Weald Area of Outstanding Natural Beauty" (buitengewone natuurskoonheid) ongeveer 5.6 km noord van Haywards Heath in die Middel-Sussex-distrik van die historiese Wes-Sussex, Engeland. Die dorp is ongeveer 53 km suid van Londen, 10 km suid-suidwes van Oos-Grinstead, 10.5 km suidoos van Crawley, 23 km noord van Brighton en 53 km oos-noordoos van die landelike dorp van Hester.
Ardingly | |
---|---|
St. Peter's Church of England, Ardingly | |
Koördinate: 51°02′53″N 00°4′41″W | |
Land | Verenigde Koninkryk |
Land (VK) | Engeland |
Streek | Suidoos-Engeland |
Shire County | Wes-Sussex |
Shire Distrik | Midde-Sussex |
Gestig in | 14de eeu |
Oppervlak | |
• Totaal | 16,09 km2 (6,21 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 1 833 |
• Digtheid | 114/km2 (300/vk. myl) |
Tydsone | +0 |
Poskodedistrik | RH |
Skakelkodes | 01444 |
Webwerf | Ardingly Parish Council |
Daar is in 1396 melding gemaak van 'n plek gespel as Ertlyngeleghe, wat kan verwys na Ardingly.
Die dorp is op die B2028 pad. Die nedersetting het 'n oppervlakte van 1 608 hektaar (3 974 akker). Die 2001-sensus het 1 833 mense in 627 huishoudings aangeteken, van wie 830 ekonomies aktief was.
Ardingly het 'n lae-frekwensie busdiens na die nabygeleë dorpe van Haywards Heath en Crawley.
Ardingly-stasie is op 1 Oktober 1864 geopen deur die "London, Brighton and South Coast Railway". "Southern Railway" het die lyn geëlektrifiseer in die 1930's, maar British Rail sluit die lyn en die stasie vir passasierstreine in 1963. Die goederewerf en verbinding met die lyn bly oop as 'n "ARC Aggregates"-terminaal. Die nabygeleë "Bluebell Railway" is die eienaar van die voormalige spoorweg tussen Ardingly en Horsted Keynes, en het 'n langtermyn strewe om die spoorlyn te heropen.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |