Apple TV+
From Wikipedia, the free encyclopedia
Apple TV+ is 'n Amerikaanse subskripsie video-op-aanvraag-stromingdiens wat deur Apple Inc. besit en bedryf word en op 1 November 2019 bekendgestel is. Dit bied 'n verskeidenheid oorspronklike produksiefilms en televisiereekse genaamd "Apple Originals".[1] Die diens is tydens die "Apple Special Event" van Maart 2019 aangekondig,[2][3] waar vermaakelaars van Apple TV+-projekte op die verhoog verskyn het, insluitend Jennifer Aniston, Oprah Winfrey, en Steven Spielberg.[4][5]
Die diens kan verkry word deur Apple se webwerf en deur die Apple TV-toepassing, wat geleidelik beskikbaar geword het op baie Apple-toestelle en sommige groot mededingende digitale mediaspelers,[6] insluitend sommige slim TV-modelle en videospeletjiekonsoles.