Anykščių Vynas
From Wikipedia, the free encyclopedia
AB Anykščių Vynas is 'n Litause wynmakery wat in 1926 in Anykščiai gestig is en destyds met die industriële wynproduksie begin het. Tans vervaardig die aandelemaatskappy naas vrugtewyn ook sider, likeur, trauktinė ('n alkoholiese tinktuur wat in Pole en Rusland respektiewelik as nalewka of nalivka bekend staan), wodka, brandewyn, whiskey en 'n verskeidenheid gemengde en nie-alkoholiese dranke soos mineraalwater. Anykščių Vynas is die oudste en grootste wynmakery in Litaue en die Baltiese lande.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Kitsfeite Tipe, Gestig ...
Anykščių vynas | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 1926 |
Hoofkantoor | Anykščiai, Litaue |
Sleutelpersone | Audrius Zuzevičius |
Gebied bedien | Litaue |
Industrie | Alkoholiese dranke |
Produkte | Wyn, sider, likeur, brandewyn, wodka, brandewyn, whiskey |
Inkomste | Lt19,3 miljoen[1] (2013) |
Bedryfsinkomste | Lt-04, miljoen[2] (2013) |
Werknemers | 63[3] |
Webwerf | anvynas.lt |
Sluit