Antoine-Henri Jomini
From Wikipedia, the free encyclopedia
Antoine-Henri, Baron Jomini (6 Maart 1779 – 24 Maart 1869) was 'n Switserse offisier wat in die Franse en later in die Russiese leër diens as 'n generaal gedoen het, en een van die mees bekende skrywers oor die Napoleontiese oorlogstrategie. Jomini se idees was standaard teks by militêre akademies; die Verenigde State se Militêre Akademie by West Point is 'n prominente voorbeeld. Sy teorieë het vermoedelik baie offisiere beïnvloed wat later in die Amerikaanse Burgeroorlog gedien het.
Kitsfeite Geboortedatum, Geboorteplek ...
Antoine-Henri Jomini | |
---|---|
Portret van Antoine-Henri Jomini deur George Dawe | |
Geboortedatum | 6 Maart 1779 |
Geboorteplek | Payerne, Switserland |
Sterfdatum | 24 Maart 1869 (op 90) |
Sterfplek | Passy, Parys, Frankryk |
Lojaliteit | Helvetiese Republiek Frankryk Rusland |
Rang | Brigadier-generaal |
Veldslae/oorloë | Napoleontiese Oorloë Russies-Turkse Oorlog 1828–1829 |
Toekennings | Baron van die Ryk |
Ander werk | Bankier en historikus |
Sluit