Another Country
From Wikipedia, the free encyclopedia
Another Country is 'n Britse romantiese historiese dramarolprent van 1984 wat deur Julian Mitchell geskryf is. Die draaiboek is verwerk van sy toneelstuk met dieselfde naam. Die rolprent is deur Marek Kanievska geregisseer en die rolverdeling sluit in Rupert Everett en Colin Firth in sy rolprentdebuut.
Kitsfeite Another Country, Regisseur ...
Another Country | |
---|---|
Regisseur | Marek Kanievska |
Vervaardiger | Alan Marshall, Robert Fox |
Draaiboek | Julian Mitchell |
Met | Rupert Everett Colin Firth Cary Elwes |
Musiek deur | Michael Storey |
Kinematografie | Peter Biziou |
Redigeerder | Gerry Hambling |
Ateljee | Virgin Films Goldcrest National Film Finance Corporation Eastern Counties Newspapers, Ltd. |
Verspreider | 20th Century Fox |
Uitgereik | 1984 |
Speeltyd | 90 minute |
Land | Brittanje |
Taal | Engels |
IMDb-profiel |
Sluit
Another Country is losweg geskoei op die lewe van die spioen en dubbelagent Guy Burgess (Guy Bennett in die rolprent). Dit onthul sy homoseksualiteit en blootstelling aan Marxisme, terwyl dit ondersoek instel na die hipokrasie en snobisme van die Engelse openbareskoolstelsel.