From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Anglikaanse Kerk van Suider-Afrika (voor 2006 bekend as die Kerk van die Provinsie van Suider-Afrika) is die Anglikaanse Gemeenskap se kerkprovinsie in Suidelike Afrika. Die kerk het 28 dioseses of biskoplike gebiede, waarvan 21 in Suid-Afrika, twee in Mosambiek, en een elk in Angola, Lesotho, Namibië, eSwatini en op die Suid-Atlantiese eiland Sint Helena.
Die getal lidmate in Suid-Afrika word op sowat vier miljoen beraam. Die Anglikaanse Kerk van Suider-Afrika is een van die oudste en grootste Christelike gemeenskappe in die land. Die aartsbiskop van Kaapstad dien as primaat van die kerk. Die huidige primaat en opvolger van Desmond Tutu is Thabo Makgoba.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.