President van Mexiko sedert 2018 From Wikipedia, the free encyclopedia
Andrés Manuel López Obrador (Spaanse uitspraak: [anˌdɾes maˈnwel ˈlopes oβɾaˈðoɾ]; gebore 13 November 1953) (algemeen bekend volgens sy voorletters AMLO) is 'n Meksikaanse politikus en sedert 1 Desember 2018 president van Meksiko. Hy was vanaf 2000 tot 2005 die hoof van regering van Meksikostad.
Andrés Manuel López Obrador | |
58ste president van Meksiko | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 1 Desember 2018 | |
Voorafgegaan deur | Enrique Peña Nieto |
---|---|
President pro tempore van die Gemeenskap van Latyns-Amerikaanse en Karibiese State | |
Ampstermyn 8 Januarie 2020 – 7 Januarie 2022 | |
Voorafgegaan deur | Jeanine Áñez |
Opgevolg deur | Alberto Fernández |
Regeringshoof van Meksikostad | |
Ampstermyn 5 Desember 2000 – 29 Julie 2005 | |
Voorafgegaan deur | Rosario Robles |
Opgevolg deur | Alejandro Encinas Rodríguez |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | Andrés Manuel López Obrador 13 November 1953[1] Tepetitán, Tabasco, Meksiko |
Politieke party | MORENA (sedert 2012) |
Eggenoot/-note | Beatriz Gutiérrez Müller (t. 2006) Rocío Beltrán Medina (1979–2003) |
Kind(ers) | 4 |
Alma mater | Nasionale Outonome Universiteit van Mexiko (BA) |
Handtekening |
López Obrador is in die dorpie Tepetitán in die Tabasco-deelstaat van Meksiko gebore.[2] Hy het 'n graad in Politieke wetenskap aan die Nasionale Outonome Universiteit van Meksiko behaal. Hy het in 1976 sy politieke loopbaan begin as lid van die Institusionele Revolusionêre Party (PRI). Sy eerste openbare pos was as direkteur van die Inheemse Instituut van Tabasco, waar hy die toevoeging van boeke in inheemse tale en die projek van die Chontalrif bevorder het. In 1989 het hy by die Party van die Demokratiese Revolusie (PRD) aangesluit. Hy was die party se 1994-kandidaat vir Goewerneur van Tabasco en was tussen 1996 en 1999 die nasionale leier van die party. In 2000 is hy verkies as Regeringshoof van Mexikostad. Tydens sy ampstermyn het sy beleide ten opsigte van misdaad, infrastruktuur en maatskaplike besteding hom 'n gewilde figuur gemaak.[3]In 2004 is sy staatsimmuniteit teen vervolging verwyder nadat hy geweier het om konstruksie te staak op grond wat na bewering deur sy voorganger, Rosario Robles, onteien is. Dit is later herstel.[4]
Voor die 2006 presidentsverkiesing is hy as die Coalition for the Good of All se presidentskandidaat aangewys en het met 'n naelskraap teen die Nasionale Aksie Party (PAN) se Felipe Calderón verloor. In 2011 het hy Morena gestig. Hy was die Progressiewe Beweging-koalisie se presidentskandidaat vir die 2012-verkiesing, maar het teen die Verbintenis tot Mexiko-koalisiekandidaat Enrique Peña Nieto verloor. In 2012 het hy die PRD verlaat nadat hy ontevrede was met die party se deelname aan die Pact for Mexico en by Morena aangesluit. As deel van die Juntos Haremos Historia-koalisie is López Obrador in 2018 as president van Meksiko verkies.
López Obrador is op 13 November 1953 in Tepetitán in die suidelike Tabasco-deelstaat van Meksiko gebore.[5][6] Hy is die eerstegebore kind van Andrés López Ramón en Manuela Obrador González.[7]
López Obrador het skoolgegaan by die enigste laerskool in die dorp naamlik die Marcos E. Becerra skool. López Obrador het hoërskool voltooi en na Mexikostad verhuis om aan die Nasionale Outonome Universiteit van Mexiko (UNAM) te studeer.[8] Hy het tussen 1973 en 1976 publieke administrasie en politeke wetenskap aan UNAM studeer. Hy het later teruggekeer na UNAM graad te voltooi nadat hy verskeie poste in die regering van Tabasco en die Institusionele Revolusionêre Party (PRI) beklee het. Hy het in 1987 sy graad ontvang.[9][10][11]
Hy het in 1976 by die PRI aangesluit om Carlos Pellicer se veldtog vir 'n Senaatsetel in Tabasco te ondersteun.[12] 'n Jaar later is hy as die hoof van die Inheemse Mense se Instituut van Tabasco aangewys. In 1984 het hy na Mexikostad verhuis om by die National Consumers' Institute, 'n federale regeringsagentskap, te werk.[13]
López Obrador het in 1988 van sy posisie in die regering van Tabasco bedank om by die nuwe afwykende linkse vleuel van die PRI, toe genoem die Demokratiese Stroom aan te sluit. Hierdie beweging het die National Democratic Front gevorm en later die Party of the Democratic Revolution (PRD) geword. Hierdie beweging het die Nasionale Demokratiese Front gevorm en later die Party van die Demokratiese Rewolusie (PRD) geword.[14]
In 1994 was hy 'n kandidaat vir Tabasco-goewerneur maar hy het in die verkiesing teen die PRI se Roberto Madrazo verloor.
He was tussen 2 Augustus 1996 en 10 April 1999 die president van die PRD.[15]
López Obrador is op 2 Julie 2000 as regeringshoof van Meksikostad verkies.[16]
Na twee onsuksesvolle veldtogte vir president van Meksiko, is López Obrador uiteindelik op 1 Julie 2018 as president verkies nadat hy 53% van die stemme ontvang het. Hy is die eerste kandidaat sedert 1988 om met 'n volstrekte meerderheid van die stemme te wen.[17] Hy is op 1 Desember 2018 as president ingehuldig.[18]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.