Altruïsme
From Wikipedia, the free encyclopedia
Altruïsme of selfloosheid is 'n beginsel of praktyk waarvolgens ander se welsyn op die hart gedra word. Altruïsme of selfloosheid is die teenoorgestelde van selfsug. Die woord is deur die Franse filosoof Auguste Comte as altruisme geskep, 'n antoniem van egoïsme.[1][2] Hy het dit van die Italiaanse altrui afgelei wat oorspronklik uit die Latynse alteri afgelei is, en wat "ander mense" of "iemand anders" beteken".[3]