Aleksander K. Glazoenof
Russiese komponis / From Wikipedia, the free encyclopedia
Aleksander Konstantinowitsj Glazoenof (Russies: Алекса́ндр Константи́нович Глазуно́в; 10 Augustus 1865 – 21 Maart 1936) was 'n Russiese komponis wat in Sint Petersburg gebore is. Hy was die belangrikste Russiese komponis van die geslag ná Tsjaikofski. Hy het musiekonderrig by Rimski-Korsakof ontvang, en in 1882 is sy Eerste Simfonie deur Balakiref uitgevoer.
Aleksander K. Glazoenof | |
---|---|
Aleksander K. Glazoenof in 1887 | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Aleksander Konstantinowitsj Glazoenof |
Gebore | (1865-08-10)10 Augustus 1865 Sint Petersburg, Russiese Keiserryk |
Sterf | 21 Maart 1936 (op 70) Neuilly-sur-Seine, Parys |
Genres | Simfonie |
Beroep(e) | Komponis, musiekpedagoog, dirigent, pianis |
Assosiasies | Nikolai Rimski-Korsakof |
Na enkele minder belangrike werke het Glazoenof in 1886 sy Tweede Simfonie voltooi. Sy latere musiek toon die invloed van Liszt, Wagner en Tsjaikofski. Onder sy beste werk tel sy Vierde, Vyfde en Sesde simfonieë, sy ballette Raymonda, Die seisoene, en die Vioolconcerto in A-mineur.
Glazoenof het na 1906 min werk van besondere belang gekomponeer, maar die 2 klavierconcertos 2-strykkwartette en die Konsert vir saksofoon, fluit en strykinstrumente verdien aandag. Na die revolusie van 1917 het hy tot in 1928 in Sint Petersburg vertoef, waarna hy Rusland verlaat het. Hy is in 1936 in Parys oorlede.