Duitse dubbeldekker vegvliegtuig From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Albatros D.I is die eerste van 'n reeks Duitse vegvliegtuie wat ontwerp was om heerskappy oor die lugruim terug te wen. Die Geallieerdes het danksy die Nieuport 11 en Airco DH.2 die Fokkerplaag oorwin en Duitsland het die Albatros vliegtuie in diens gestel as teenvoeter. Daar was tussentydse vliegtuie in diens gestel met twee masjiengewere aan boord maar die massa van die tweede masjiengeweer en ammunisie het die vliegtuig se werkverrigting negatief beïnvloed. Duidelik was beter bewapening nodig asook sterker enjins en ontwerpingenieur Robert Thelen het die D.I prototipe ontwikkel.
Albatros D.I | |
---|---|
Tipe | Dubbeldekker vegvliegtuig |
Vervaardiger | Albatros-Flugzeugwerke |
Ontwerp deur | Robert Thelen |
Bekendstelling | Augustus 1916 |
Hoofgebruiker | Luftwaffe |
Aantal gebou | 50 |
Weergawes | Albatros W.4 |
Die Albatros D.I was bewapen met twee 7.92 mm Spandau masjiengewere en aangedryf deur 'n Mercedes D.III enjin van 160 perdekrag. Dit was die eerste vegvliegtuig wat toegerus was met twee masjiengewere wat nie die vliegtuig se werkverrigting negatief beïnvloed het nie. Daar is spoedig met produksie begin, die prototipe is feitlik net so vervaardig. Die enigste verskil was dat die D.I toegerus was met 'n horn-hoogteroer. Die D.I was minder rats as die Fokker monovlerkvliegtuie maar kon beter klim, was vinniger en was beter bewapen.
Toe die D.I sy verskyning maak was die Luftwaffe besig met herorganisasie van Jagdstaffeln en die eerste D.I toegeruste Jastas het in September 1916 hulle eerste vlugte onderneem. Teen Desember was daar reeds 50 D.I's in diens maar teen daardie tyd het die D.II reeds verskyn.
Die swakpunt van die Albatros D.I was dat die vlieënier se uitsig na voor beperk was. By die D.II was daar 'n kleiner gaping tussen die die boonste vlerk en die romp. Die stutte tussen die vlerke was van die N-tipe ontwerp. Ook was die verkoeler na die vlerk verskuif. Verder was die vliegtuie identies. Teen Januarie 1917 was daar 214 D.II's aan die front. Dit het die Duitsers gehelp om lugheerskappy terug te wen. Na Janurie 1917 is die D.II vervang met D.III's, 'n beter vliegtuig.
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motore | 1 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Mercedes DII waterverkoelde motor |
Kraglewering per motor | 160 perdekrag |
Vlerkspan | 8,50 m |
Lengte | 7.40 m |
Hoogte | 2.95 m |
Vlerkoppervlakte | 24,50 m2 |
Maks. opstygmassa | 888 kg |
Maksimum snelheid | 175 km/h by seevlak |
Operasionele hoogte | 5 200 m |
Togafstand | 1.0 uur en 30 minute |
Klimvermoë | Onbekend |
Bewapening | Twee 7,92 mm Spandau masjiengewere |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.