From Wikipedia, the free encyclopedia
Al-‘Kasas (Arabies: القصص, "Die Vertelling") is die 28ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 88 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.
Dié soera begin met die allegoriese letters (muqattaʿat) Tô, Sien, Miem. Die naam van die hoofstuk kom uit vers 25, waarin 'n verhaal (al-‘kasas) genoem word. Die Arabiese woord beteken om gebeure in die regte volgorde te vertel. Die woord is dus geskik vir dié soera, want die gedetailleerde verhaal van die profeet Moses word daarin weergegee.
Dit sluit ook die verhaal van Korah in.[1] Daarin word verduidelik Korah was trots omdat hy gedink het sy groot rykdom is deur sy eie kennis verdien en dat hy so God se genade misken het. God het hom en sy rykdom later vernietig.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.