Airopos I van Masedonië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Airopos I (Grieks: Αεροπός Α'), uit die Argeïese Dinastie, was van 602 tot 576 v.C. koning van Masedonië. Volgens Herodotus was hy ’n seun van Philippus I en die pa van Alketas I, wat hom ná sy dood opgevolg het.
Kitsfeite Tydperk, Grieks ...
Airopos I | |
---|---|
Koning van Masedonië | |
Tydperk | tradisioneel: 602 v.C. – 576 v.C. |
Grieks | Ἀέροπος Αʹ ὁ Μακεδών |
Huis | Argeïese Dinastie |
Voorganger | Philippos I |
Opvolger | Alketas I |
Vrou | onbekend |
Kinders | Alketas I |
Vader | Philippos I |
Moeder | onbekend |
Geloof | Griekse mitologie |
Sluit
Airopus was nog ’n baba toe sy pa oorlede is. Die Illiriërs sou die geleentheid aangegryp het om met ’n groot leër teen Masedonië op te ruk. Toe hulle die oorhand kry, het die Masedoniërs dit aan die afwesigheid van hul koning gewyt en glo die wiegie met die klein Airopos na die slagveld geneem. Die Illiriërs het egter steeds veld gewen, en dit was net voordat die jong Masedoniese koning in hulle hande sou val dat die Masedoniërs hulle eindelik afgeweer en verdryf het.