Agtste Grensoorlog
Agtste Grensoorlog van Desember 1850 tot Maart 1853 / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Agtste Grensoorlog van Desember 1850 tot Maart 1853 (ook bekend as die Umlangeni-oorlog, Mlanjeni-oorlog of Bonte Oorlog) was die agtste in die reeks van nege Kaapse grensoorloë wat tussen 1779 en 1877 deur die Westerse koloniseerders en die Xhosa-stamme gevoer is. Vyftienduisend Britse soldate en duisende koloniste was in hierdie hewigste van die nege oorloë betrokke.