Afrikanerweerstandsbeweging
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Afrikanerweerstandsbeweging, of AWB, is ’n verregse politieke minderheidsgroep in Suid-Afrika. Hy beywer hom vir die herinstelling van ’n onafhanklike Afrikanerrepubliek ("Boerestaat" of Volkstaat) en die beskerming van boere teen plaasaanvalle. Die organisasie word deur sommige beskryf as 'n Neo-Nazi of ekstremistiese blanke-heerssugtige party.[1] Hoewel die party nie tans geweldadig is nie, was hulle wel in die 1990’s by geweldadige optredes betrokke.[2]
Kitsfeite Leier, Slagspreuk ...
Afrikanerweerstandsbeweging | |
AWB | |
Logo van die AWB (drie sewes) | |
Leier | Steyn von Rönge |
---|---|
Slagspreuk | God, Volk, Vaderland |
Gestig | 7 Julie 1973 |
Nuusbrief | Die sweepslag |
Hoofkwartier | Ventersdorp, Noordwes, Suid-Afrika |
Ideologie | Volkstaat Wit oorheersing Afrikanernasionalisme |
Amptelike kleure | |
Webblad | awb.co.za |
Sluit
Eugène Terre’Blanche het die AWB in 1973 gestig en was tot sy moord in April 2010 die president van die beweging. Hy is deur Steyn von Rönge as leier opgevolg.