Académie française
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Académie française (Afrikaans: Franse Akademie) is 'n amptelike Franse instelling wat Frans bevorder. Dit vorm saam met vier ander akademies l'Institut de France (die Instituut van Frankryk). Die liggaam tree op as 'n amptelike gesag oor die taal en publiseer 'n amptelike Franse woordeboek. Dit tree net op in 'n raadgewende hoedanigheid en sy beslissings is nie bindend vir die publiek of die regering nie.
Die akademie het veral twee funksies: die bevordering van die Franse woordeskat en grammatika, en van die gebruik van Frans wêreldwyd. Laasgenoemde word onder meer gedoen deur die jaarlikse toekenning van ongeveer 60 letterkundepryse, waaronder die Prix de l'Académie française. Die akademie is ’n toonaangewende instituut en het 40 lede.