![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/f/fb/Ds_AAJ_De_Klerk_Coetsee.jpg/640px-Ds_AAJ_De_Klerk_Coetsee.jpg&w=640&q=50)
A.A.J. de Klerk Coetsee
From Wikipedia, the free encyclopedia
Ds. Abraham Adriaan Jacobus de Klerk Coetsee (distrik Steynsburg, 1 Januarie 1832 – Reddersburg, Oranjerivier-Kolonie, 26 April 1906) was predikant in twee gemeentes van die Gereformeerde Kerk, naamlik Philipstown van 1869 tot 1872 en daarna Reddersburg tot hy sy emeritaat aanvaar het in 1903. Hy is drie jaar later in die ouderdom van 74 jaar oorlede.
Kitsfeite Naam, Geboorte ...
Ds. A.A.J. de Klerk Coetsee | |
![]() | |
Ds. A.A.J. de Klerk Coetsee | |
Naam | Abraham Adriaan Jacobus de Klerk Coetsee |
---|---|
Geboorte | 1 Januarie 1832 Steynsburg, Kaapkolonie, |
Sterfte | 26 April 1906 (op 74) Reddersburg Oranjerivier-Kolonie |
Kerkverband | Gereformeerd |
Gemeente(s) | Philipstown 1869–1872 Reddersburg 1872–1903 |
Jare aktief | 1862–1869 (in Suid-Afrika) |
Sluit
In ’n huldeblyk was kort ná sy dood verskyn het, moontlik in Het Kerkblad, word ds. Coetsee beskryf as "een Boerenzoon van den echten stempel" wat opgegroei het op die wye Suid-Afrikaanse veld, "gezond, krachtig en vaardig naar lichaam en geest. Wakker behendig, dapper", en in sy jonger jare geen onbekende op die jag- en slagveld nie.