Aërodinamika
From Wikipedia, the free encyclopedia
Aërodinamika, uit Griekse ἀήρ aer (lug) + δυναμική (dinamika), is 'n onderafdeling van vloeidinamika wat die beweging van lug, veral die interaksie met soliede voorwerpe soos 'n vliegtuig se vlerk, bestudeer. Die studie van gasse wat nie in beweging is nie word aërostatika genoem.[1]
Aërodinamika is die ontwerp van vliegtuie, d.w.s. die ondersoek van lugstrome langs die romp van 'n vliegtuig en die invloed daarvan op sekere dele van die vliegtuig, soos byvoorbeeld die romp, vlerke en stert. Die beginsel waarop vliegtuie vlieg, kan aërodinamies verklaar word, en die werkverrigting van 'n vliegtuig kan bereken word uit sekere aërodinamiese groothede en die vermoë van die motore.