40ste Oscar-toekenningsaand
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 40ste Oscar-toekenningsaand is op 10 April 1968 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Santa Monica, Kalifornië, gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1967. Dit sou aanvanklik op 8 April gehou word, maar is met twee dae uitgestel ná die sluipmoord op dr. Martin Luther King Jr.. Die aanbieder was weer eens Bob Hope.
Kitsfeite
40ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 10 April 1968 | |
Plek | Santa Monica-burgerouditorium, Santa Monica, Kalifornië | |
Aanbieder | Bob Hope | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | In the Heat of the Night | |
Meeste pryse | In the Heat of the Night (5) | |
Meeste benoemings | Bonnie and Clyde en Guess Who's Coming to Dinner (10 elk) |
Sluit
Vanweë die skaarste aan swart-wit prente was daar van dié jaar af nie meer aparte kategorieë vir hulle nie. The Graduate was die laaste prent wat ’n Oscar net vir beste regisseur gewen het.
Alfred Hitchcock se toespraak was een van die kortstes in die geskiedenis: hy het bloot "Dankie" gesê.