Die Mosambiekse oorstroming van 2000 was 'n natuurlike ramp wat in Februarie en Maart 2000 gebeur het. Dié katastrofiese oorstroming is veroorsaak deur swaar reënval wat vyf weke lank geduur het en baie mense dakloos gelaat het. Nagenoeg 800 mense het gesterf. 'n Area van 1400 km2 se vrugbare grond is getref en 20 000 stuks vee is verloor. Dit was Mosambiek se ergste vloed in 50 jaar.[1]
Dit het in Suid-Afrika begin met swaar reënval wat oorbeweeg het na Mosambiek. 44 000 mense is dakloos gelaat en baie van hulle het van hul familielede verloor. Later het Sikloon Eline gekom en nog meer wonings en lewens verwoes. Vroue en kinders het na skuiling en hoër land gevlug. Die Mosambiekse regering het 15 miljoen Mosambiekse dollar (of 2000 Amerikaanse dollar) aan inwoners versprei as vergoeding vir die skade aan eiendom en verlies aan inkomste. Teen 2016 was daar steeds mense wat in herstelde skuilings met onbetroubare watervoorsiening gewoon het.
Weerkundige verloop
In Oktober en November 1999 het swaar reënval oor Mosambiek uitgesak gevolg deur nóg swaar reën in Januarie 2000.[2] Die reëns het teen die einde van Januarie 2000 veroorsaak dat die Inkomati-, die Umbeluzi- en die Limpopo riviere se oewers ver oorskry is, wat dele van die hoofstad Maputo oorstroom het.[3] In die Chókwè distrik het die Limpopo Rivier 'n vlak van ses meter op 24 Januarie bereik, dubbel sy normale vlak.[4] Party gebiede het 'n jaar se hoeveelheid reën ontvang binne 'n kwessie van twee weke.[5] Die gevolglike vloede word beskou as die ergste wat die nasie sedert 1951 getref het.[6]
Oorstroming het aan die einde van Februarie begin afneem teen die tyd dat Sikloon Eline die land bereik het.[7] Eline was 'n langdurige tropiese sikloon wat teen einde Februarie op sy hoogtepunt naby Beira vasgesteek het.[6]
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.