13de Oscar-toekenningsaand
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 13de Oscar-toekenningsaand is op 27 Februarie 1941 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences gehou om erkenning te gee aan rolprente van 1940.
13de Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 27 Februarie 1941 | |
Plek | Biltmore Hotel, Los Angeles | |
Aanbieder | Walter Wanger | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | Rebecca | |
Meeste pryse | The Thief of Bagdad (3) | |
Meeste benoemings | Rebecca (11) |
Dit is die eerste jaar dat koeverte gebruik is om die name van die wenners geheim te hou en dit het gelei tot die bekende frase: "May I have the envelope, please." Die maatskappy Price Waterhouse is aangestel om die stemme te tel ná die fiasko van die vorige jaar toe die Los Angeles Times die wenners se name laat uitlek het.
Die prys vir beste draaiboek is in dié jaar vir die eerste verdeel in twee aparte kategorieë: beste oorspronklike draaiboek en beste draaiboekverwerking.
David O. Selznick, die onafhanklike vervaardiger van die vorige jaar se wenner, Gone with the Wind, het ook dié jaar se beste prent, Rebecca, vervaardig – hy was die eerste vervaardiger van twee beste prente agtereenvolgens. Hoewel Rebecca elf benoemings gehad het, het dit net die Oscars vir beste prent en beste kinematografie (swart-wit) gewen, en dit was die laaste keer dat ’n beste prent nie ook gewen het vir óf beste regisseur óf draaiboek óf toneelspel nie. Rebecca was die eerste Amerikaanse prent wat deur Alfred Hitchcock geregisseer is en sy enigste prent wat vir beste prent gewen het. Nog ’n prent van hom, Foreign Correspondent, is in dié jaar as beste prent benoem.
Die ateljee United Artists was die laaste van die oorspronklike ateljees (die ander is MGM, Columbia, 20th Century Fox, Warner Bros., Universal en Paramount) wat die Oscar vir beste prent gewen het. Pinocchio was die eerste animasieprent wat mededingende Oscars gewen het: vir beste klankbaan en beste liedjie. Dit was die begin van ’n lang tradisie waar animasieprente hierdie kategorieë gewen het.
The Thief of Bagdad het die meeste Oscars ingepalm – altesaam drie – en dit was die eerste prent wat die meeste pryse gewen het sonder dat dit benoem is as beste prent.