From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Þjórsá (Yslands: Stierrivier) is met sy lengte van 230 kilometers die langste rivier van Ysland en stroom in 'n suidelike rigting na die Atlantiese Oseaan.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Þjórsá | |
---|---|
Die Þjórsárivier met die gletsers Tindfjallajökull en Eyjafjallajökull in die agtergrond. | |
Oorsprong | Hofsjökull |
Monding | Atlantiese Oseaan |
Stroomgebied | Ysland |
Lengte | 230 km (143 myl) |
Mondinghoogte | 0 m |
Die oorsprong van die Þjórsá is geleë by die Hofsjökull-gletser. Die Þjórsá loop langs die historiese boerdery Stöng en vloei iewat verder stroomaf saam met die Tungnaá. Verder suidwaarts lê die eiland Árnes in die breë rivier. Dan bereik die rivier uiteindelik die hringvegur ("die Ringpad oftewel Roete 1"), waar die hoofweg tussen Selfoss en Hella oor die rivierbrug loop.
In die Þjórsá word twee waterkragsentrales gevind: Búrfellsvirkjun vlak by die vulkaan Hekla, en die Sultartangavirkjun. Die Búðarhálsvirkjun is in aanbou, en op die tekenbord is twee ander: die Núpsvirkjun en die Urriðafossvirkjun.
In die Þjórsá is verskillende aantreklike watervalle. Vanaf die oorsprong stroomaf is onder meer die Kjálkaversfoss, Dynkur, Gljúfurleitarfoss, Tröllkonuhlaup, Þjófafoss, Minna-Núps flúðir, Búðafoss en die Hestfoss. Die laaste waterval Urriðafoss (Salmwaterval) word stroomaf van die hringvegur gevind.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Þjórsá. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.