Île-de-France
administratiewe gewes (région) van Frankryk / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Île-de-France is 'n administratiewe gebied in Noord-Frankryk, wat grotendeels ooreenkom met die metropolitaanse gebied van die hoofstad Parys. Dit is gevolglik ook die mees digbevolkte streek van Frankryk met 'n oppervlakte van 12 012 km2 en 'n bevolking van 12 278 210 in 2020.
Île-de-France | |
---|---|
Départements | Essonne (91) Hauts-de-Seine (92) Parys (75) Seine-Saint-Denis (93) Seine-et-Marne (77) Val-de-Marne (94) Val-d'Oise (95) Yvelines (78) |
Prefektuur | Parys |
Bevolking | 12 278 210 inw. (2020) |
Bevolkingsdigtheid | 1000 inw./vk km |
Oppervlakte | 12 012 vk km |
Arrondissemente | 25 |
Kantons | 317 |
Munisipaliteite | 1 281 |
President van Gewestelike Raad | Jean-Paul Huchon (PS) |
Die naam van die gebied, wat letterlik "eiland van Frankryk" beteken, is afgelei van die riviere Seine, Marne, Oise en Beuvronne, wat die streek soos 'n eiland omsluit.
Die Île-de-France bestaan naas Parys uit die départements Essonne, Hauts-de-Seine, Seine-et-Marne, Seine-Saint-Denis, Val-d'Oise, Val-de-Marne en Yvelines.