Wilde-eend-sterreswerm
oop sterreswerm / From Wikipedia, the free encyclopedia
Messier 11 of M11 (ook bekend as NGC 6705) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Skild. Dit is in 1681 deur Gottfried Kirch ontdek. Charles Messier het dit in 1764 in sy Messier-katalogus opgeneem.
Kitsfeite
Wilde-eend-sterreswerm | ||||
Messier 11, die Wilde-eend-sterreswerm. | ||||
Soort stelsel | Oop sterreswerm | |||
Sterrebeeld | Skild | |||
Messier-naam | Messier 11 | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 8h 51,1m | |||
Deklinasie | -06º 16' | |||
Skynmagnitude | 6,3 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 6 200 | |||
Ouderdom (jaar) | 220 miljoen | |||
Skynbare grootte | 14′ | |||
Aantal sterre | 2 900 | |||
Rooiverskuiwing | 98 x 10-6 | |||
Ander name | NGC 6705, C 1848-063, OCl 76, Mel 213, Cr 391, Lund 865 | |||
|
Sluit
Die Wilde-eend is een van die rykste en kompakste oop sterreswerms bekend; dit bevat sowat 2 900 sterre. Sy ouderdom word geraam op sowat 220 miljoen jaar. Die naam kom van die helderste sterre wat ’n driehoek vorm wat kan lyk soos ’n swerm vlieënde eende.