Volksbevrydingsleër
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Volksbevrydingsleër is die gewapende magte, of weermag, van die Volksrepubliek China.
Kitsfeite 中国人民解放军 ...
中国人民解放军 | |
---|---|
Embleem van die Chinese Weermag | |
Gestig | 1 Augustus 1927 |
Land | Volksrepubliek China |
Tipe | Weermag |
Spesialisasie | Grondoorlogvoering Artilerie-oorlogvoering Lugmag Vloot |
Hooftitel | Hoof van die generale staf |
Hoofnaam | Generaal Fang Fenghui |
Aantal lede | 2 300 000 (2015)[1] |
Diensplig | Ja, maar word nie afgewing nie |
Reserwe | ~8 miljoen |
Paramilitêr | 660 000 |
Minimum ouderdom | 18 jaar |
Jaarbegroting | € 95,5 miljard[2] |
% van BBP | 1,3%[2] |
Sluit
Dit is die grootste weermag ter wêreld (volgens lede) met die tweede grootste begroting.
Die Volksbevrydingsleër bestaan uit vyf professionele dienstakke:
- Grondmagte van die Volksbevrydingsleër (850 000 manskappe in 2013)
- Spesiale eenhede van die Volksbevrydingsleër (geskat op 7 000 tot 14 000 manskappe in 2008)
- Lugmag van die Volksbevrydingsleër (398 000 manskappe in 2013)
- Vloot van die Volksbevrydingsleër (235 000 manskappe in 2013)
- Vuurpylmag van die Volksbevrydingsleër
- Strategiese Ondersteuningsmag van die Volksbevrydingsleër
In oorlogstyd kan die weermag versterk word met manskappe van die:
- Gewapende Volkspolisie wat as ligte infanterie sou ontplooi word. (Amptelik 660 000 manskappe in 2006)
- Burgermag van die Volksbevrydingsleër wat as reserwe dien. (Volgens beraming ongeveer 8 000 000 manskappe in 2010)
Eenhede word aan een van vyf teaterbevelstrukture toegedeel volgens hul geografiese ligging in die land.