Viktor Frankl
From Wikipedia, the free encyclopedia
Viktor Emil Frankl (Wene, 26 Maart 1905 – Wene, 2 September 1997) was 'n Oostenrykse neuroloog en psigiater, maar word veral bekend as oorlewende van die Sjoa. Frankl was die grondlegger van die logoterapie, 'n vorm van eksistensiële analise. Sy boek Waarom lewe ek (uitgee in 1975 in Suid-Afrika as vertaling van Ein Psycholog erlebt das Konzentrationslager, wat al in 1946 gepubliseer is) gee sy ervaringe as gevangene in 'n konsentrasiekamp weer en beskryf sy psigoterapeutiese metode vir die verkryging van sin van die lewe in alle lewesomstandighede, en daarmee ook 'n rede om verder te lewe.