Termiese uitsettingskoëffisiënt
From Wikipedia, the free encyclopedia
Tydens warmte-oordrag verander die energie wat in die intermolekulêre bindings tussen atome gestoor word. Wanneer die energie wat so gestoor word toeneem, word die molekulêre binding langer. Gevolglik sal vastestowwe tipies uitsit wanneer dit verhit word en krimp as dit afkoel*; hierdie reaksie op temperatuurveranderinge kan uitgedruk word as sy termiese uitsettingskoëffisiënt.
Die termiese uitsettingskoëffisiënt word gebruik om:
- lineêre termiese uitsetting te bereken
- verhoging in oppervlak vanweë termiese uitsetting te bereken
- die volumetiriese uitsetting van 'n liggaam te bereken.
Die volumetriese termiese uitsettingskoëffisiënt kan gemeet word vir alle stowwe in gekondenseerde vorm (vloeistof- en vastestoftoestand). Die linêere termiese uitsetting kan slegs gemeet word vir vastestowwe en word dikwels in ingenieurstoepassings gebruik.
* Sommige stowwe het negatiewe termiese uitsettingskoëffisiënte en sit uit as dit afkoel (bv. water naby vriespunt)