Suid-Afrikaanse militêre dekorasies: 2003-
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, wat in 1994 gestig is, het tot 2003 die dekorasies en medaljes van sy voorganger, die Suid-Afrikaanse Weermag, gebruik. 'n Heeltemal nuwe, en heelwat kleiner, reeks toekennings is toe in 2003 vir die SANW ingestel. Dit bestaan uit dekorasies vir dapperheid, uitnemende leierskap, en voortreflike diens; 'n veldtogmedalje; 'n medalje vir troue diens; en twee embleme. Die burgerlike Orde van Mendi vir Dapperheid is ook aan SANW-lede beskikbaar.