Soöplankton
From Wikipedia, the free encyclopedia
Soöplankton is die heterotrofiese (soms Detritivoriese) soort plankton. Plankton is organismes wat in die oseane en varswatermere dryf. Die naam soöplankton is afgelei van die antieke Griekse woord zoon wat dier beteken en planktos wat swerwer beteken.[1] Baie soöplankton is te klein om met die blote oog waargeneem te word.