Slobodan Milošević
From Wikipedia, the free encyclopedia
Slobodan Milošević [ slɔˈbɔdan miˈlɔːʃvitɕ ], (20 Augustus 1941 – 11 Maart 2006), was 'n sosialistiese Joego-Slawiese en Serwiese politikus. Van 1987 tot 2000 is hy binne verskeie politieke funksies as die politieke leier van Serwië en later van die Federale Republiek Joego-Slawië beskou.
Milošević was partyleier van die Unie van Kommuniste van Serwië (1986–1989) en ook stigter en jarelange leier van die Sosialistiese Party van Serwië (1990–2006). Hy het gedien as president van die Sosialistiese Republiek Serwië (1989–1991), president van die Republiek Serwië (1991–1997) en president van die Federale Republiek Joego-Slawië (1997–2000).
In verband met die Kosovo-oorlog was hy die eerste staatshoof wat in 1999 deur 'n oorlogsmisdaadtribunaal van volksmoord beskuldig is terwyl hy nog in sy amp was. Nadat Milošević op 5 Oktober 2000 as Joego-Slawiese president bedank het weens massa betogings, is hy in 2001 op aanstigting van Serwiese premier Zoran Đinđić gearresteer en na die VN-oorlogsmisdaadtribunaal in Den Haag geneem. Die verhoor het in 2002 begin, maar Milošević is in 2006 dood voordat die verhoor afgehandel is, so geen uitspraak is bereik nie.