From Wikipedia, the free encyclopedia
Sedis vacatio of sede vacante, van die Latyn vir "leë stoel", is die toestand waarin die setel van 'n biskop nie beset is nie. Die toestand word veroorsaak deur die afsterwe, aftrede of verplasing van 'n biskop.
In die geval van 'n sedis vacatio van die biskop van Rome (die Pous) word die pligte van die pous waargeneem deur die kollege van kardinale. Die kollege besit egter nie pouslike mag nie en mag slegs dringende lopende sake afhandel. In baie uitsonderlike gevalle kan die kollege wel dekrete uitvaardig, maar hulle moet later deur die nuwe pous bevestig word.
Daar bestaan 'n groep tradisionele Rooms-Katolieke wat glo dat na die dood van Pous Pius XII daar nie meer wettige pouse gekies is nie. Die stroming word Sedisvakantisme genoem.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.