Rugbywêreldbeker
Internasionale rugbykompetisie / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Rugbywêreldbeker is ’n internasionale rugbykompetisie wat al om die vier jaar gehou word om die rugbywêreldkampioen bepaal. Die kompetisie is die belangrikste en bekendste in internasionale rugby. Die kompetisie is een van die mees gesiene sportgeleenthede ter wêreld, saam met die Sokker-Wêreldbeker, Olimpiese Somerspele en Krieketwêreldbeker.
Rugbywêreldbeker | |
Rugbywêreldbeker 2027 | |
Kenteken van die Rugbywêreldbeker | |
Sportsoort | Rugby |
---|---|
Gestig | 1987 |
Eienaar | Wêreldrugby |
Inwydingseisoen | Rugbywêreldbeker 1987 |
Deelnemende lande | wêreldwyd |
Aantal spanne | 20 (24 vanaf 2027) |
Mees onlangse kampioen | Suid-Afrika (2023) |
Verwante kompetisies | Wêreldrugby o/20-kampioenskap en Wêreldrugby o/20-trofee |
Daar is slegs plek vir 20 spanne (24 vanaf 2027) spanne om aan die kompetisie deel te neem en spanne moet aan uitdunne deelneem om te kwalifiseer. Die drie beste spanne van elke poel van die vorige toernooi kwalifiseer regstreeks vir die volgende toernooi.
In die nege kampioenskappe wat al aangebied is, het vier lande die titel al ingepalm. Suid-Afrika het al ’n rekord van vier keer gewen, gevolg deur Nieu-Seeland drie keer, Australië twee keer en Engeland een keer.
Die eerste rugbywêreldbeker het in 1987 in Australië en Nieu-Seeland plaasgevind. Die mees onlangse toernooi is in 2023 in Frankryk gehou. Die volgende wêreldbekertoernooi sal in 2027 in Australië aangebied word. Suid-Afrika is tans die wêreldkampioen.